
|
Laat jou hande en vingers die praatwerk doen! |
|
37 Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. 38 Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 39 ’n Paar Fariseërs uit die skare sę toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” 40 Maar Hy antwoord: “Ek sę vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.” Lukas 19:37-40 |
|
Gesels & Getuig : ’n Gespreksforum met ’n verskil Voel jy soms jy wil dit uitskreeu? Soos die klippe? Hier getuig en gesels ons oor die wonderlike verskil wat ons God, ons Here in ons alledaagse lewens maak:
· Deel skrifgedeeltes wat jou aanraak; · Deel die werking van die Vader, die Seun en die Gees in jou lewe; · Laat weet as ons vir jou kan bid; · Deel jou getuienisse — dit bring hoop en orde in ’n waansinnige węreld. · Gesels sommer lekker saam oor die een ding wat gelowiges węreldwyd in gemeen het: ’n liefde en respek vir ons Here en ons God. |